luister op jou gunsteling platform of download verniet


_daniel

musikant



ek maak_

klik op enige geel skakels vir meer inligting

In kort, ek maak musiek. Ek is 'n liedjieskrywer, musiek producer; ek sing nou en dan, en ek speel kitaar & 'n klein bietjie klavier.

_Ek is ook deel van 3 musiek entiteite: _daniel, appelblou, en daniel po band.

_Ek het op 19 my eerste liedje aan Dozi verkoop, waarvoor ek daai tyd die Rapport liedjieskrywer van die jaar gewen het.

_Kort daarna het ek saam met 'n paar vriende die daniel po band begin, en ons was bevooreg dat ons musiek in tv dramas soos high rollers en geraamtes in die kas verskyn het.

_Die groep appelblou is gestig met die doel om afrikaanse liedjes uit ons sisteme te kry. Dit was 'n projek wat ek saam met longtime vriend rixi roman begin het, en na ons 'n paar liedjes aanmekaar geslaan het, het ons vir jan blohm betrek om die album te produce. 'n Paar maande nadat ons die album voltooi het - was ons verbasend genomineer vir nuweling van die jaar by die Huisgenoot Tempo Musiek Toekennings.

_Buiten dit het ek al geskryf vir/en gewerk saam met sabc, etv, malpaso productions, rouse house (semi-soet film), gerhard steyn, blou bul rugby unie, en warner bros. 'n Hoogtepunt vir my was toe ek op die kortlys benoem was vir 'n Oscar (Acadamy Award), vir die liedjie "Colorblind" wat ek geskryf het vir Clint Eastwood se fllm, Invictus.




ek gebruik_

Voor ek noem watter instrumente ek gebruik wil ek net eerstens sê: jou kop, jou hart, jou ore en oefening is al wat mens nodig het om musiek te maak. Alhoewel sekere instrumente en toebehore standaard is en 'n mens bietjie meer proffesioneel kan laat klink, is daar niks instrumente wat 'n mens kan beter maak nie. Maak net musiek met wat jy het, enige iets anders is net tools.

Dit gesê, daar is 'n paar instrumente (fotos onder) wat ek gebruik en nooit sal opgee nie, want dit het totaal en al my hart gevang:

_my 1961 Yamaha FG-345 akoestiese kitaar (as ek kon het ek 'n hele album net met die kitaar gemaak).

_my skaarse 70's -lawsuit-era Gibson - openbook headstock- hummingbird style- akoestiese kitaar (uit die Gibson vs Ibanez hofsaak era. as iemand nog iets weet van die kitaar asb stuur vir my 'n epos, al wat ek weet is hy is 70s en hy klink vir my mooi).

_my '05 Seagull S6 -solid cedar top -maple neck- akoestiese kitaar wat my broer vir my gekoop het (kry 'n Seagull, dis al wat ek kan se. Hoe ouer, hoe beter).

_my No. 515777 -upright-, self gerestoureerde, -customised- 1955 Knight klavier (ja jy't reg gelees 1955. 65 jaar oud!). Ek het al honderde ure spandeer aan die klavier, en ek moet erken ek was uiters gelukkig om dit 'n paar jaar terug in 'n pandjieswinkel te kry. Ek het hom gehoor, ek het hom gekoop, en na die tyd het ek eers uitgevind hoe spesiaal die klavier is (min mense weet dat hierdie klaviere die enigste ander klavier is wat al langs Steinway klaviere in die legendariese Steinway Hall gestaan het).

Ek gebruik ook nou en dan my Roland Juno, Tanglewood Ukelele, Cort en Vester akoestiese kitare (die twee kitare van my is nie enigsins top-gehalte nie, maar ek gebruik hulle net as kitare wat ek snaakse -tunings- mee doen, eksperimenteer, ens.), Yamaha Pianica, Hohner trek-klavier, Suzuki Omnichord, First Act lapharp, Sunrise -motorised synth-, en Casio Tonebank.

in die studio gebruik ek:

adam audio monitors, akg headphones, audio technica, motu, focusrite liquid channel, mac, macbook, ipad, logic, protools, studio one, slate, izotope, waves, fabfilter, en soundtoys.



kontak my

Vir liedjies, produksies, opnames, en optredes gebruik asb die epos adres hieronder. Huidiglik toer ek nie. Optredes vir appelblou en daniel po band is ongelukkig nie beskikbaar nie.


© Daniel Po. All rights reserved.